Elke skrywer droom daarvan om sy of haar eie boek vas te hou. Uitgewers word oorval met manuskripte en kan slegs ’n klein persentasie daarvan uitgee. Só gaan goeie werke wat vir publikasie voorgelê word, verlore. Ongelukkig is die ander kant van die munt ook waar: Dit is deesdae maklik om goedkoop en sonder professionele hulp ’n boek die lig te laat sien. Daar is derduisende boeke op die mark wat onafgerond is en wemel van foute. Dit is waar Turksvy Publikasies se waarde lê. Dié uitgewery is deur kundiges in die skryfarena op die been gebring om skrywers by te staan om hulle werk onafhanklik en bekostigbaar te publiseer, maar terselfdertyd te waarborg dat die boek professioneel en sonder foute aan lesers gebied word. Met bewese ervaring in skryfkuns, digkuns, redigering, taalversorging en joernalistiek is Turksvy Publikasies die aangewese span om met jou manuskrip te vertrou: fiksie en nie-fiksie. Dit kan insluit romans, digbundels, kortverhale, sketse, rubrieke, memoires, jeug- en kinderverhale.