Select Page

Professionele en bekostigbare onafhanklike publikasie van manuskripte

Welkom by

Turksvy Publikasies

Elke skrywer droom daarvan om sy of haar eie boek vas te hou. Uitgewers word oorval met manuskripte en kan slegs ’n klein persentasie daarvan uitgee. Só gaan goeie werke wat vir publikasie voorgelê word, verlore.

Ongelukkig is die ander kant van die munt ook waar: Dit is deesdae maklik om goedkoop en sonder professionele hulp ’n boek die lig te laat sien. 

Daar is derduisende boeke op die mark wat onafgerond is en wemel van foute. Dit is waar Turksvy Publikasies se waarde lê.

Dié uitgewery is deur kundiges in die skryfarena op die been gebring om skrywers by te staan om hulle werk onafhanklik en bekostigbaar te publiseer, maar terselfdertyd te waarborg dat die boek professioneel en sonder foute aan lesers gebied word.

Met bewese ervaring in skryfkuns, digkuns, redigering, taalversorging en joernalistiek is Turksvy Publikasies die aangewese span om met jou manuskrip te vertrou: fiksie en nie-fiksie. Dit kan insluit romans, digbundels, kortverhale, sketse, rubrieke, memoires, jeug- en kinderverhale.

Wat bied

Turksvy Publikasies?

Ons uitgangspunt is deurgaans om nie bloot uit te gee wat aan ons gebied word nie, maar om stap vir stap saam met die skrywer ’n pad te loop om die manuskrip sowel as die skrywer se vaardigheid te ontwikkel om ‘n goeie produk te lewer.
Dit word in twee dele gedoen.Die eerste deel behels die ontwikkeling en versorging van die teks.
Die tweede deel behels die produksie.

Evaulering van manuskrip

Ons sal enige manuskrip wat aan ons voorgelê word teen ’n geringe koste evalueer en ’n kort verslag aan die skrywer stuur.

Redigering en manuskripontwikkeling

Indien ’n manuskrip meriete het, sal ’n redakteur met die skrywer konsulteer om dit te ontwikkel en verfyn.

Proeflees en taalversorging

Hier word die dienste van bekwame taalversorgers en proeflesers gebruik om seker te maak jou teks is foutloos.

Setwerk en uitleg

Die uitleg van die manuskrip en setwerk word deur professionele mense gedoen om te verseker die teksgrootte, bladuitleg en lettertipe is op standaard.

Omslagontwerp

’n Boek se voorblad, rugkant en agterplatteks moet visueel stimuleer en die leser as ’t ware uitnooi om die boek te koop.

ISBN-registrasie

Turksvy Publikasies doen aansoek vir ’n ISBN-nommer vir elke publikasie en voorsien ook elke boek van ’n strepieskode.

Drukkers toe

Turksvy Publikasies onderhandel met verskeie drukkers om die beste prys vir die skrywer te bekom.

Webwerf-ontwerp

Sommige skrywers wil graag hulle eie webtuiste ontwikkel vir meer blootstelling en professionaliteit. Ons kan hiermee behulpsaam wees.

Hoe gaan ek te werk

om my boek voor te lê?

Manuskrip

Stap 1

Stuur jou manuskrip met ’n dekbrief aan marlene.turksvypublikasies@gmail.com

Terugvoer

Stap 2

Turksvy sal ontvangs erken en jou binne sewe dae laat weet of die manuskrip geskik is vir publikasie. Indien die manuskrip nie in die huidige weergawe geskik is vir publikasie nie sal ‘n verslag teen ’n geringe fooi opgestel word om aan te dui wat die tekortkominge is waaraan aandag gegee moet word.

Kwotasie

Stap 3

Sodra die skrywer aandui dat daar met die proses voortgegaan kan word, word ’n kwotasie gestuur waarin elke stap en die koste daaraan verbonde uiteengesit word

Waarom

Turksvy Publikasies se dienste gebruik?

Soos reeds genoem, word groot en tradisionele uitgewers met manuskripte oorval en derhalwe kan dit maande duur voordat jy weet of jou manuskrip aanvaar word of nie. Sou dit aanvaar word, is jy kontraktueel tot die uitgewer verbind en die proses uit jou hande.

Baie skrywers verkies om nie hierdie pad te loop nie. Hulle wil eerder self in beheer wees van hulle werk en dan natuurlik ook self kan bepaal wat hulle inkomste uit ’n boek sal wees.

Om egter die sogenaamde selfpublikasie-roete te volg, is ’n pad vol slaggate. Met Turksvy Publikasies word dié slaggate vermy en word ’n boek van dieselfde gehalte as dié van enige bekende uitgewer aan skrywers en lesers gebied.

Nuutste boeke

Kontak ons

Kom ons gesels; ons hoor graag van jou. Vul die kontakvorm in of stuur ‘n e-pos na marlene.turksvypublikasies@gmail.com

E-posadres

marlene.turksvypublikasies@gmail.com

Kontaknommer

083 308 6305